Tags
Language
Tags
March 2024
Su Mo Tu We Th Fr Sa
25 26 27 28 29 1 2
3 4 5 6 7 8 9
10 11 12 13 14 15 16
17 18 19 20 21 22 23
24 25 26 27 28 29 30
31 1 2 3 4 5 6

Enigiets is moontlik

Posted By: Tamaar
Enigiets is moontlik

Enigiets is moontlik
by Sheila Walsh
English | EPUB | 2.9 MB


Soms gebeur daar iets in ’n vrou se lewe wat haar laat glo dat haar drome nie ver­vul gaan word nie. Dit kan ’n soort padblokkade in haar hart en in haar gedagtes veroorsaak. Maar met God aan haar sy is enigiets wat in haar pad staan ’n uitdaging waartydens Hy sy ongelooflike krag kan vertoon. Enigiets is moontlik is propvol inspirerende stories van vroue soos Mary Gra­ham, Luci Swindoll, Sheila Walsh en Sandi Patty. Ervaar hoe doodgewone oomblikke in uitsonderlike ontmoetings met God verander. Elke verhaal bied bemoediging, humor en insig. Vroue sal soveel hieruit leer en opnuut ontdek dat God hulle altyd sal vashou en hulle nooit in die steek sal laat nie. God is nie suinig nie. Hy weeg nie sy liefde korrel vir korrel af of druk sy vergif­nis een druppeltjie op ’n slag uit nie. Nee, hy stort sy genade in ’n stortvloed uit. Hy het meer lief as wat nodig is. In Romeine 11:33 staan daar: ‘O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!’ In Enigiets is moontlik sal vroue hierdie eienskap van God oor en oor beleef.