Tags
Language
Tags
March 2024
Su Mo Tu We Th Fr Sa
25 26 27 28 29 1 2
3 4 5 6 7 8 9
10 11 12 13 14 15 16
17 18 19 20 21 22 23
24 25 26 27 28 29 30
31 1 2 3 4 5 6

Merise Afrikaans - November 2017

Posted By: Pulitzer
Merise Afrikaans - November 2017

Merise Afrikaans - November 2017
Afrikaans | 8 pages | True PDF | 3.7 MB


SOMER, SON EN VAKANSIE . . .
Ons ken almal die ware betekenis van Kersfees en hoekom ons dit vier, maar die gesig van ‘n vriendelike, bebaarde ou man in ‘n rooi pak het ook al sinoniem geword met Kersfees, al weet ons al te goed dat die idee van Kersvader, en veral die koop van geskenke, aangeblaas word deur ywerige kleinhandelaars. Daar is groot pret wanneer dié wat weet entoesiasties saamsweer teen dié wat nog moet uitvind of Kersvader werklik bestaan of nie. In sommige huise word baie moeite gedoen om die egtheid van Kersvader te bewys. Maar wat is die storie agter die storie?
Vir ons in die Suidelike Halfrond is die Kersseisoen sinoniem met somer, son en vakansietyd. Vergete is die stryd teen die weegskaal en ekstra sentimeters om die middellyf. Volgende jaar sal ons weer verlede jaar se nuwejaarsvoornemens herhaal en opnuut die stryd aansê, maar vir nou is dit pavlova-tyd!
Die Merise-span wens graag vir jou en jou geliefdes ‘n geseënde en vreugdevolle Kerstyd toe. Mag die herdenking van die geboortedag van ‘n spesiale Babaseuntjie nuwe hoop en vertroosting bring.
Dankie dat ons by jou kon inloer.
Geseënde Kersfees!
Suzette

More issues archive