Tags
Language
Tags
April 2024
Su Mo Tu We Th Fr Sa
31 1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30 1 2 3 4

Merise Afrikaans - Augustus 2017

Posted By: Pulitzer
Merise Afrikaans - Augustus 2017

Merise Afrikaans - Augustus 2017
Afrikaans | 8 pages | True PDF | 2.9 MB


DINGE IS AAN DIE GEBEUR!

Groot opwinding heers in Merise se midde want, soos jy moontlik al gehoor het, word daar kliphard gewerk om uiteindelik weer ‘n volgrootte tydskrif te publiseer! Dit beloof om interessante en lekkerleesartikels te wees en die een bladontwerp wil mooier as die volgende wees. Ons sien daarna uit om hierdie uitgawe, spesiaal in Afrikaans geskryf, met jou te deel. As jy nog nie jou uitgawe bestel het nie, kan jy dit doen by: www.merisemag.com/eng/subscribe-to-merise.

Intussen werk ons ook hard aan ‘n lekker kuiermiddag op 14 Oktober in Harrisdale, Perth. Azelene Williams gaan gesels oor hoe jy jou kind of iemand na aan jou teen ongesonde verhoudings kan beskerm en Sumi Botha gaan vir ons sing. Daar sal ook interessante stalletjies wees en natuurlik smullekker happies. Bespreek jou plek op Merise se webblad (www.merisemag/com). Ons kan nie wag om saam met jou te kuier nie!

In hierdie boekie kyk ons na ‘n resep om geluk te vind en die vertroosting wat Facebook bied. Daar is ‘n heerlike resep en Merise vertel van ‘n reeks op ShowMax wat jou nie onaangeraak sal laat nie.

Baie dankie dat ons by jou kon inloer.

Lekker lees, tot volgende keer,
Suzette

More issues archive